Bynaam | (th) Trairanga (ธงไตรรงค์), Thong Trairong), "Driekleurvlag" |
---|---|
Gebruik | Nasionale vlag en Burgerlike- en Staatsvaandel |
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 28 September 1917 (gestandaardiseer op 30 September 2017) |
Ontwerp | Vyf horisontale bane in die rooi, wit, blou, wit en rooi |
Ontwerp deur | Koning Vajiravudh (Rama VI) |
Bynaam | (th) ราชนาวี (Thong Ratchanawi), "Koninklike Vaandel" |
Gebruik | Vlootvaandel |
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 28 September 1917 |
Ontwerp | ’n Rooi skyf met 'n wit olifant in regalia wat op die nasionale vlag gesentreer is. |
Die nasionale vlag van Thailand (Thai: ธงไตรรงค์ Trairanga, Thong Trairong, "Driekleurvlag") is op 28 September 1917 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon vyf horisontale bane in rooi, wit, blou, wit en rooi. Thailand vier sedert 2016 hul nasionale vlagdag op 28 September, en dit is ook ’n openbare vakansiedag in Thailand.[1]